Tuesday, 17 May 2011
Landloop in Suid-Afrikaanse skole
Landloop strek vanaf Mei tot Julie en word daar hard geoefen vir deelname aan die Onafhanklike Skole se liga vir seuns en meisies skole.
DRAG: Seuns en dogters oefen in die gewone kortbroek en kraag T-Hemp. Vir byeenkomste dra seuns en dogters ‘n spesiale atletiek broekie en frokkie.
Landloop is vir al die middelafstandatlete ( 800m , 1500m en 3000m ) van kardinale belang. Landloop berei enige atleet voor vir die komende atletiekseisoen. Dit is die brandstof wat jou deur ‘n atletiekseisoen dra.
Alle ander sportmanne en spanne behoort ook landloop te beoefen want daar is nie ‘n beter metode om stamina vir enige sportsoort te bevorder nie.
Landloop word vanaf die einde van die atletiekseisoen in Maart tot September beoefen waarna die atletiekseisoen weer begin.
Daar is verskeie kompetisies waaraan die landloopatlete kan deelneem : Nu Power/Tuks reeks , AGN liga asook die skole-liga.
Subscribe to:
Posts (Atom)