Tuesday, 17 May 2011

Landloop in Suid-Afrikaanse skole


Landloop strek vanaf Mei tot Julie en word daar hard geoefen vir deelname aan die Onafhanklike Skole se liga vir seuns en meisies skole.

DRAG: Seuns en dogters oefen in die gewone  kortbroek en  kraag T-Hemp. Vir byeenkomste dra seuns en dogters ‘n spesiale atletiek broekie en frokkie.

Landloop is vir al die middelafstandatlete ( 800m , 1500m en 3000m ) van kardinale belang. Landloop berei enige atleet voor vir die komende atletiekseisoen. Dit is die brandstof wat jou deur ‘n atletiekseisoen dra. 
Alle ander sportmanne en spanne behoort ook landloop te beoefen want daar is nie ‘n beter metode om stamina vir enige sportsoort te bevorder nie. 
Landloop word vanaf die einde van die atletiekseisoen in Maart tot September beoefen waarna die atletiekseisoen weer begin. 
Daar is verskeie kompetisies waaraan die landloopatlete kan deelneem : Nu Power/Tuks reeks , AGN liga asook die skole-liga.

3 comments:

  1. Wie is die groot borge wat die Landloop geleenthede borg die jaar?

    ReplyDelete
  2. Ek dink ABSA of Powerade..

    ReplyDelete
  3. Wie is die top skool wat deelneem aan landloop vir die afgelope twee jaar?

    ReplyDelete